Ten spyte daarvan dat dit klein en goedkoop is, is jou besigheidskaartjie van die beste bemarkingsgereedskap wat jy ooit sal besit.
Omdat 'n besigheidskaartjie klein en relatief goedkoop is, het baie mense nie die nodige agting daarvoor nie, en dink hulle nie eers aan die sukses wat hulle kan behaal deur hulle kaartjies se effektiewe gebruik vir bemarking en verkope nie.
Jou kaartjies word ontwerp deur 'n professionele grafiese kunstenaar. 'n Besigheidskaartjie sal vir jou ontwerp word wat op jou insette gebaseer is. Ons druk nie jou besigheidskaartjie voordat jy nie 100% tevrede is met die proef nie.
Indien jy self jou besigheidskaartjies wil ontwerp, moet dit net as volg
aan ons voorsien word:
In prepress .pdf formaat, sonder enige copy restrictions.
In .jpg of enige ander bitmap formaat, 300 dpi.
Totale afmetings
94 x 54 mm. Dit sluit 'n 2mm bleed in en alle informasie moet 5mm van die
kant van die kaartjie af wees.
Indien dit alles korrek is en ons dit net so kan plaas vir druk, sal ons nie
ontwerpkostes verhaal nie.
Jou kaartjies word op 'n 4 kleur offset press met 'n 175 lpi screen, volkleur voorop en swart en wit agterop gedruk. Hierdie is dieselfde proses wat gebruik word om kwaliteit tydskrifte en publikasies te druk. Ons maak nie gebruik van digitale druk van kaartjies nie, aangesien die kwaliteit swak is.
Ons 350 gsm kaartjie papier is dik en stewig. Die kaartjies word ook super UV vernis vir ekstra glans en stewigheid. Die UV laag beskerm nie net nie, maar bring die kleure uit en verhoog die voorkoms van die kaartjie.
Die mees populere aanvraag vir kaartjies is gewoonlik in hoeveelhede
van 500 en 1000 identiese kaartjies, volkleur voor en swart en wit agterop, met
'n dubbel laag UV Vernis voorop.
Normaalweg word kaartjies twee keer 'n week gedruk, op Woensdae en oor 'n naweek, verkieslik Saterdag. Dit los genoeg tyd vir die kaartjies om behoorlik droog te word, voordat dit vernis word. Die kaartjies word dan 'n dag later 'n dubbellaag vernis en weer oornag gelos om behoorlik droog te word, voordat dit gesny en verpak word. Die kaartjies is gewoonlik Dinsdae en Donderdae reg vir aflewering.
In Gauteng, lewer ons so gou as moontlik af, terwyl die ander bestellings dadelik deur Speed Services koerier word. Dit kan dan van Woensdag tot Saterdag of somtyds Maandagoggend by jou naaste poskantoor toonbank afgehaal word.